newgiftslogo.png

Geskenke

‘n Groot verskeidenheid nostalgiese geskenke en versierings in ‘n landelike styl, gewaarborg om jou huis in ‘n tuiste te omskep, is hier beskikbaar. Juwelierware uit ons juweelfabriek word ook hier ten toon gestel. Verras iemand na aan jou met een van ons pragtige stringe pêrels, of verlustig jou in die verskeidenheid eetgoed by die teetuin.

Vir die soettand is daar heerlike oudtydse lekkergoed soos oudtydse belt liqourice, “niekerballs”, appelkosies, nougat, fondant, turkse lekkers en nog baie meer. Keurig gebottelde konfyt en konserf is ook beskikbaar.

Besigheidsure
Ons besigheidsure is:

  • Maandag tot Vrydag: 8vm – 5nm
  • Saterdae: 8vm – 1nm
  • Sondae: Gesluit

Funksies

  • Nagmark: Driemaandeliks – Sien die Nagmark bladsy
  • Rommelmark (Car Boot Sale): Elke Saterdag vanaf 8vm – 1nm.
    Slegs gebruikte items – Geen besprekingsfooie betaalbaar nie,

Let Wel
Ons sal gesluit wees op:

  • Suid-Afrikaanse Openbare Vakansiedae
  • Paasnaweek
  • Tussen 26ste Desember and 1ste Januarie